Wat die joos? Goeie vraag, né? Dit is die naam van die karakter wat alle moeilikheid in elke mens se lewe veroorsaak. Dit is die entiteit wat jy moet aanspreek as jy die wolke oor jou begin voel saamtrek. Hy is die een wat jou laat dink dat dinge eintlik sleg is terwyl die waarheid heel anders is. Die waarheid is dat ons nog bedoel is om dinge reg te maak terwyl ons nog asemhaal.
Oom Goser se strategie is baie slim. Hy laat klein goedjies ophoop en ophoop todat jy op die ou einde nie meer weerstand kan bied nie. Dan begin groot goed op te hoop en kort voor lank weet jy nie WAT om te doen nie. Wat doen mens? Dis heel eenvoudig. Jy vee al die klein goedjies een vir een weg. Een vir een. Jy begin van klein na groot. IS JY MAL!!! Hoe kan jy die klein goedjies eerste doen? Wel, die klein goedjies verdeel jou aandag en dan kan jy nie op die groot goed konsentreer nie. Jy kan elke klein dingetjie vinnig en met min moeite takel, maar die groot goed verdien meer aandag. Jou natuurlike reaksie is natuurlik om die groot goed te PROBEER takel, maar dan byt die kleintjies jou in die hakke en jy val en jy bied geen weerstand nie. Klein goedjies eerste...
Ek gaan verder nog baie oor Slewen Goser praat, maar vandag kan ek eers bietjie volstaan.
Lekker dag verder!
Please subscribe to my blogletter?
Tuesday, 27 March 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment