Mense, ek moet bieg, hierdie webwerf is die beste ooit! Ek het die vorige post gestuur en so waar as wragtig toe ek F5 op my eie blog druk, is die teks daar. Mapstieks! (Wie sê dit nog?) Dit is vinnig.
Vandag se inskrywing is die afrikaanse vertaling van Litany against Fear van Dune deur Frank Herbert faam. Hier is my weergawe
Mantra teen Vrees
Ek moet nie vrees nie. Vrees is verstandsmoord. Vrees is die kleindood wat totale verwoesting meebring. Ek sal my vrees in die gesig staar. Ek sal my vrees toelaat om oor my en deur my te gaan. Wanneer my vrees verbygegaan het, sal ek die geestesoog op sy pad vestig. Waar vrees was, sal daar niks wees nie. Net ek sal oorbly.
Kragtig. né...